Kornies

Kornies
Kernowek, Kernewek 
Uitspraak: [kəɾˈnuːək], [kɛɾˈnɛwɛk]
Gepraat in: Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 
Gebied: Vlag van Cornwall Cornwall
Totale sprekers: ~ 2 000 sprekers wat die taal in alledaagse omstandighede vlot kan praat[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Kelties
  Eiland-kelties
   Britonies
    Kornies 
Skrifstelsel: Latynse alfabet (Korniese variant) 
Amptelike status
Amptelike taal in: Nie 'n amptelike taal nie;
maar as 'n minderheidstaal erken in die Verenigde Koninkryk
Gereguleer deur: Keskowethyans an Taves Kernewek ("Korniese taalvennootskap")
Taalkodes
ISO 639-1: kw
ISO 639-2: cor
ISO 639-3: cor 
Die verskuiwing van die Korniese taalgrens in die tydperk tussen 1300 en 1750

Die Korniese taal (Kornies: Kernowek of Kernewek) behoort saam met Wallies en Bretons tot die Britonse groep van die Keltiese tale en word tot sowat 1780 (die jaar waarin die laaste moedertaalspreker van Kornies, Dolly Pentreath, oorlede is) in Cornwall as 'n gemeenskapstaal gepraat.

Landkaart van Cornwall in Kornies

Van sy basiese woordeskat stem sowat 80 persent met Bretons, 75 persent met Wallies, 35 persent met Iers-Gaelies en 35 persent met Skots-Gaelies ooreen.

In die eerste helfte van die twintigste eeu begin die "Old-Cornwall"-beweging weer belangstelling vir die ou Korniese taal wek. Met die eeuwending is daar weer enkele honderd mense wat die taal min of meer kan praat en skryf, en sowat 3 500 mense het 'n basiese begrip van Kornies. In teenstelling met die ander keltiese groepe in die Verenigde Koninkryk geniet die sprekers van Kornies egter geen minderheidstatus nie. Wél is daar 'n plaaslike beweging (Mebyon Kernow, die Seuns van Cornwall) wat 'n eie nasionale bewussyn wil bevorder.

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2009. Besoek op 23 April 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search